-->
Camera : Canon EOS 550D
Cape Robin-chat in my garden (Tarlton, Gauteng, South Africa)
Afrikaans : Gewone janfrederik
My Robin, who comes into my house for snacks of
minced meat, has been getting much tamer. Previously he wouldn’t let me
photograph him in the garden, taking to the trees every time he sees me, but
yesterday he was actually following me as I walked through the garden with my
camera and even seemed to be taunting me!
The Cape Robin is a resident breeder in southern and
eastern Africa from Kenya south to Namibia, Zambia, Zimbabwe, South Africa,
Lesotho and Swaziland. It is a common species at forest edges and in scrub,
fynbos, karoo, plantations, gardens and parks.
Until their recent name change,
robin-chats were known as Robins, in southern African circles at least.
But they are not really Robins at all, being closely related to chats
and flycatchers.The name ‘robin’ stems from colonial times when, it
seems, the British were obsessed with naming any red- or orange-breasted
bird in a new country they settled in after their own beloved robin
redbreast. In India and Africa the ‘robin’ is actually a chat, in North
America it’s a thrush, and Australian and New Zealand ‘robins’ are
members of the flycatcher family
They seem to like human company and have been known to nest in the most peculiar sites - one woman reported a Robin nesting in her handbag in her walk-in cupboard and another reports a Robin nesting in a pot plant in their lounge. My Robbie has been investigating my whole house, walking or flying from room to room, and I've been hoping to one day find a nest somewhere in the house!
(You can
read HERE all about my Robin taking up residence in my
home)
SOMMIGE noem hom
dagbreker, ander weer janfrederik en ander Cape robin of Cossypha caffra. Maak
egter nie saak wat hy genoem word nie, want hierdie nimlike voël het al in
menige tuinier se hart gaan nesskop.
Met sy wit wenkbroustreep en sy
oranje ``borslappie'' is dit 'n gunsteling onder baie mense wat hou van voëls
in en om hul huis.
Die naam dagbreker is sekerlik afgelei van die voël
se gewoonte om amper eerste te begin sing in die oggend. Lank voordat
die son sy kop uitsteek, basuin hierdie voël sy melodieuse frases luidkeels
uit. Die sang begin dikwels met die kenmerkende "jan-fre-de-rik"-frase,
waarvandaan die vroeë Nederlandse kolonialiste sy naam afgelei het. Die eerste
Britse kolonialiste het terstond die voël Cape Robin gedoop omdat hy hulle seer
sekerlik laat dink het aan hul eie robin met sy oranje bors.
Hierdie
voël is grootliks insekvretend en sal geduldig sit en wag vir 'n besige tuinier
om klaar te skoffel sodat hy by die erd- en ander sappige wurms, ongewerweldes
en slakke kan uitkom. Hulle sal ook miere, spinnekoppe en plantluise
met groot genot verorber en sodoende jou tuin gesond hou. Die voël sal ook
vrugte van inheemse en eksotiese struike en bome eet. Daar is egter iets wat
sal maak dat die voël 'n gereelde ``bedelaar'' by jou huis raak: 'n Stukkie
gerasperde kaas en meelwurms of maalvleis behoort net die regte manier te wees om dié mooi
voël tuis te laat voel en as dit nog op spesifieke tye neergesit word op
spesifieke plekke, kan dit selfs vinniger gebeur.
Hulle word baie mak
en sal sommer in jou huis instap en opvlieg na die kombuistafel om te kyk of
daar nie iets is om te aas nie. Dit laat 'n mens tog onwillekeurig dink aan die
gesegde van iemand wat "aasvoël" speel - moes dit nie eerder janfrederik
gewees het nie? Solank jy net nie katte het wat daar rondloop nie, kan die voël
sommer maklik intrek.
Enige tuin kan 'n paartjie huisves en dit slegs
deur toe te sien dat daar genoeg digte struike en bome is waarin hulle kan nes
maak. Daar word gewoonlik tussen twee en vier eiers per seisoen gelê en tussen
14 en 18 dae later sal die kleingoed begin smeek om kos. Wanneer hul kuikens
uitgebroei het, kan hulle ook gekookte rys gevoer word.
Die jong voël
is bruinerig, dofgeel-en-swart gespikkel met die kenmerkende oranjerooi stert
met 'n swart gedeelte in die middel.
Maak nie saak wat jy hom noem nie,
hierdie mooi voël is 'n uitstekende sanger en kan maklik etlike jare in jou
tuin woon en ongekende plesier verskaf, aangesien die voëls tot 17 jaar oud kan
word.
.