šŸ¾ Maybe the reason I love animals so much, is because the only time they have broken my heart is when theirs has stopped beating.
Showing posts with label jan frederik. Show all posts
Showing posts with label jan frederik. Show all posts

Wednesday 19 February 2014

Cape Robin-chat (Cossypha caffra)

-->
Camera : Canon EOS 550D
Cape Robin-chat in my garden (Tarlton, Gauteng, South Africa)
Afrikaans :
Gewone janfrederik

My Robin, who comes into my house for snacks of minced meat, has been getting much tamer. Previously he wouldn’t let me photograph him in the garden, taking to the trees every time he sees me, but yesterday he was actually following me as I walked through the garden with my camera and even seemed to be taunting me!









The Cape Robin is a resident breeder in southern and eastern Africa from Kenya south to Namibia, Zambia, Zimbabwe, South Africa, Lesotho and Swaziland. It is a common species at forest edges and in scrub, fynbos, karoo, plantations, gardens and parks.

Until their recent name change, robin-chats were known as Robins, in southern African circles at least. But they are not really Robins at all, being closely related to chats and flycatchers.The name ‘robin’ stems from colonial times when, it seems, the British were obsessed with naming any red- or orange-breasted bird in a new country they settled in after their own beloved robin redbreast. In India and Africa the ‘robin’ is actually a chat, in North America it’s a thrush, and Australian and New Zealand ‘robins’ are members of the flycatcher family

They seem to like human company and have been known to nest in the most peculiar sites - one woman reported a Robin nesting in her handbag in her walk-in cupboard and another reports a Robin nesting in a pot plant in their lounge. My Robbie has been investigating my whole house, walking or flying from room to room, and I've been hoping to one day find a nest somewhere in the house!

(You can read HERE all about my Robin taking up residence in my home)

SOMMIGE noem hom dagbreker, ander weer janfrederik en ander Cape robin of Cossypha caffra. Maak egter nie saak wat hy genoem word nie, want hierdie nimlike voĆ«l het al in menige tuinier se hart gaan nesskop. 


Met sy wit wenkbroustreep en sy oranje ``borslappie'' is dit 'n gunsteling onder baie mense wat hou van voƫls in en om hul huis.

Die naam dagbreker is sekerlik afgelei van die voƫl se gewoonte om amper eerste te begin sing in die oggend. Lank voordat die son sy kop uitsteek, basuin hierdie voƫl sy melodieuse frases luidkeels uit. Die sang begin dikwels met die kenmerkende "jan-fre-de-rik"-frase, waarvandaan die vroeƫ Nederlandse kolonialiste sy naam afgelei het. Die eerste Britse kolonialiste het terstond die voƫl Cape Robin gedoop omdat hy hulle seer sekerlik laat dink het aan hul eie robin met sy oranje bors.

Hierdie voƫl is grootliks insekvretend en sal geduldig sit en wag vir 'n besige tuinier om klaar te skoffel sodat hy by die erd- en ander sappige wurms, ongewerweldes en slakke kan uitkom. Hulle sal ook miere, spinnekoppe en plantluise met groot genot verorber en sodoende jou tuin gesond hou. Die voƫl sal ook vrugte van inheemse en eksotiese struike en bome eet. Daar is egter iets wat sal maak dat die voƫl 'n gereelde ``bedelaar'' by jou huis raak: 'n Stukkie gerasperde kaas en meelwurms of maalvleis behoort net die regte manier te wees om diƩ mooi voƫl tuis te laat voel en as dit nog op spesifieke tye neergesit word op spesifieke plekke, kan dit selfs vinniger gebeur.

Hulle word baie mak en sal sommer in jou huis instap en opvlieg na die kombuistafel om te kyk of daar nie iets is om te aas nie. Dit laat 'n mens tog onwillekeurig dink aan die gesegde van iemand wat "aasvoƫl" speel - moes dit nie eerder janfrederik gewees het nie? Solank jy net nie katte het wat daar rondloop nie, kan die voƫl sommer maklik intrek.

Enige tuin kan 'n paartjie huisves en dit slegs deur toe te sien dat daar genoeg digte struike en bome is waarin hulle kan nes maak. Daar word gewoonlik tussen twee en vier eiers per seisoen gelĆŖ en tussen 14 en 18 dae later sal die kleingoed begin smeek om kos. Wanneer hul kuikens uitgebroei het, kan hulle ook gekookte rys gevoer word.

Die jong voƫl is bruinerig, dofgeel-en-swart gespikkel met die kenmerkende oranjerooi stert met 'n swart gedeelte in die middel.

Maak nie saak wat jy hom noem nie, hierdie mooi voƫl is 'n uitstekende sanger en kan maklik etlike jare in jou tuin woon en ongekende plesier verskaf, aangesien die voƫls tot 17 jaar oud kan word.

.

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...